Monday, February 7, 2011

My Nuwe/Eie/Private Blog

Ek kan nie glo ek het nou net dit self gedoen nie. Ek vra gewoonlik my BFF om my te help met die tipe goed, maar dis seker tyd om dinge self te begin doen - is dit nie?

Ek voel regtig baie deurmekaar. Ek wil tjank van gisteraand af en ek het geen idee hoekom ek dit wil doen nie. Of eintlik weet ek baie goed....

Ek wens en hoop op iets wat sekerlik nie ooit kan wees nie. Ek raak elke dag meer en meer 'betrokke'. Ek voel elke dag 'n bietjie meer.

Dan spandeer ek glad nie genoeg tyd saam met die Here nie. Dit voel so verkeerd, maar ek kry nie die woorde om met die Almagtige te praat nie. Seker omdat ek met hierdie wense in my hart rondloop, en dit voel nie reg om aanhoudend te vra, en te vra nie.

Dit voel asof ek so stukkend is binne, en dit is NIEMAND se skuld nie.

Ek kan nie die woorde uiter nie, ek kan dit net nie hardop doen nie.

Ja, ek kry myself jammer. Ek voel lelik en vet, ek het merke op my lyf wat glad nie kan weggaan nie. Ek kan dit nie eers fix nie!

So ek vandag tjank en myself jammer kry. Ek gaan met die Here praat en vra vir hulp.

No comments:

Post a Comment