Monday, February 21, 2011

Lughawe.....

Ek was vandag weer by die lughawe, en dit is nou iets wat ek al hoe minder geniet om te doen. Ek het gewoonlik daarvan gehou om op die lughawe te sit en te kyk na al die mense wat 'hello' en 'bye' se - maar nou laaik ek dit glad nie meer nie!

Seker omdat ek sukkel om te glo dat hy sal kom kuier. As daar iets is wat ek soos goud sou waardeer het, sou dit wees dat hy hier wou wees vir my winkel se opening. Maar ek moet begin om 'n brug te bou en oor dit te kom. Sy eie dogter het vir my reguit gese dat hy nooit sal kom nie, en as sy so se, dan moet ek dit begin aanvaar, ook.

Hy praat al hoe minder met my, en dit maak regtig seer. Ek dink hy is gatvol, en ek wens dit kon net aanhou om lekker te wees. Hy is verskriklik anders. Ek wil rerig sy vriend vir altyd.

Ek is ook op die punt waar ek dink dat ek net moet gaan werk soek. Dinge pla my, soos my tyd met my familie. Gaan ek genoeg geld maak om my familie nie teleur te stel nie. Gaan ek vir J sien grootword of gaan ek hom so min sien dat hy my gaan vergeet.... En ja, dis hoe die simple gedagtes deur my kop rol.

Ek wil vandag net weer sit en tjank, ek is hartseer....

No comments:

Post a Comment